Bybelleesmarathon lok oud en jonk

Teesakkies@susters, ‘n interkerklike vroueorgani­sasie in die stad, se jaarlikse Bybelleesmarathon wat Saterdag by Savannah Mall gehou is, was ‘n reuse sukses met 150 deelnemers wat in drie uur en dertig minute altesaam 155 uur Bybel gelees het. ‘n Paar skrifgedeeltes is aan elke leser toegewys en die jongste lesers wat beide 7-jaar oud is, was …

Teesakkies@susters, ‘n interkerklike vroueorgani­sasie in die stad, se jaarlikse Bybelleesmarathon wat Saterdag by Savannah Mall gehou is, was ‘n reuse sukses met 150 deelnemers wat in drie uur en dertig minute altesaam 155 uur Bybel gelees het.
‘n Paar skrifgedeeltes is aan elke leser toegewys en die jongste lesers wat beide 7-jaar oud is, was Mashudu Guduvheni en Annabel Jansen, leerders van onderskeidelik Flora Park Comprehensive Primary School en Laerskool Pietersburg-Oos.
Die 74-jarige Johan en Corrie Willemse was die oudste lesers.
Afrikaans-, Engels- en Sepedibybels is gebruik en Bybels is ook aan verbygangers wat aangesluit het uitgedeel.
Cornelius Mathuhela het vir die eerste keer Bybel gelees en bewoë geraak omdat die stuk wat hy moes lees hom aan sy oorlede ma laat dink het.
Die stigter van Teesakkie@susters Polokwane, Charmaine Diedericks, sê dat sy oorweldig was met die belangstelling vir die marathon. “Dit is die tweede jaar wat die geleentheid aangebied is om mense weer geïnteresseerd te maak om Bybel te lees en vorm deel van Skenk ‘n Bybelmaand.”
Diedericks nooi belangstellendes wat by die organisasie wil aansluit om haar by 072 742 2663 te skakel. “Ons bied gereeld praatjies en lesings oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe aan.”

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Dali Mulatedzi en Nthangeni Makhari lees uit hul Sepedibybels.
Mashudu Guduvheni, graad 2-leerder van Flora Park Comprehensive Primary School en haar pa, Joseph, lees met mening.
Johan en Corrie Willemse doen hul deel by die marathon.

Related Articles

Back to top button