SAVF ontvang skenking van motorfietsklub

Terwyl die Suid-Afrikaanse Vroue­fe­derasie (SAVF) Vrydag hul 114de be­staans­jaar gevier het, het hulle ‘n ruim donasie van R20 000 van Metal of Honour (MOH) Motorcycle Club vir Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes ontvang. Die geld is verlede maand tydens die motorfietsklub se jaarlikse Golden Oldies Day Jol ingesamel. MOH-president, Ian Saunderson, sê dit is ‘n …

Terwyl die Suid-Afrikaanse Vroue­fe­derasie (SAVF) Vrydag hul 114de be­staans­jaar gevier het, het hulle ‘n ruim donasie van R20 000 van Metal of Honour (MOH) Motorcycle Club vir Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes ontvang.
Die geld is verlede maand tydens die motorfietsklub se jaarlikse Golden Oldies Day Jol ingesamel.
MOH-president, Ian Saunderson, sê dit is ‘n voorreg vir klublede om bydraes te maak. “Ons is baie lief vir die gemeenskap – veral vir bejaardes en dit is ‘n genot om hulle by te staan. Dankie aan klublede en borge vir hul harde werk.”
SAVF-bestuurder, Dawie Lee het sy dank teenoor MOH uitgespreek en gesê enige hulp word opreg waardeer.
“Danksy julle, soortgelyke organisasies, sakepersone, borge, donateurs en individue kan die SAVF sy 114de bestaansjaar vier. Was dit nie vir almal se goedhartigheid nie, sou ons nie die gehaltediens aan inwoners kon lewer nie.”
Eet- en drinkgoed is saam met die bestuur en borge geniet.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

SAVF-bestuurder, Dawie Lee en SAVF Pietersburg-voorsitter, Hantie van Staden, tydens die koeksnyseremonie.

Related Articles

Back to top button