Mnr en Mej Oosskool-finaliste reik uit na DBV

Diere in nood lê vir Zoe Galloway en Hardus Ferreira, Mnr en Mej Oosskool-finaliste, na aan die hart. Dit is ook die rede waarom hulle die plaaslike DBV as deel van dié kompetisie ondersteun. Die paartjie het onlangs ‘n honde­parade by die skool gehou waar leerders in verskeie kategorieë met hul viervoetiges kon inskryf. Selfs …

Diere in nood lê vir Zoe Galloway en Hardus Ferreira, Mnr en Mej Oosskool-finaliste, na aan die hart.
Dit is ook die rede waarom hulle die plaaslike DBV as deel van dié kompetisie ondersteun.
Die paartjie het onlangs ‘n honde­parade by die skool gehou waar leerders in verskeie kategorieë met hul viervoetiges kon inskryf. Selfs die lelikste hond en eienaar en hond wat die meeste na mekaar lyk, is aange­wys en elke wenner het ‘n ge­skenkpak vir sy hond gewen. Die prysuitdeling is met ‘n vertoning deur die Polokwane K9 Academy afgesluit.
Zoe en Hardus samel ook kos vir diere by die DBV in en het onlangs in samewerking met Mall of the North ‘n hele dag by Game se ingang spandeer waar besoekers aan die sentrum aangemoedig is om hondekos te skenk.
“Ons moet na diere in nood omsien omdat hulle nie vir hulself kan sorg nie. Dit is ons plig om in te klim en te help,” sê Zoe.
Die kroning van Mnr en Mej Oosskool vind op 1 November plaas.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Zoe Galloway in die stootwaentjie en Hardus Ferreira is Mnr en Mej Oosskool-finaliste wat onlangs by Mall of the North hondekos vir die plaaslike DBV ingesamel het.
Exit mobile version