Loopbaanuitstallling vir graad 11-leerders

Hoërskool Pietersburg was Vrydag ‘n miernes van bedrywighede toe graad 11-leerders van verskeie plaaslike skole ‘n loopbaanuitstalling by die skool met die oog op toekomstige be­roepskeuses bygewoon het. Volgens die skoolskakelbeampte, Elmari Craig, hou die skool ‘n groot uitstalling vroeg in die jaar wat op graad 12-leerders gefokus is en later die jaar een vir …

Hoërskool Pietersburg was Vrydag ‘n miernes van bedrywighede toe graad 11-leerders van verskeie plaaslike skole ‘n loopbaanuitstalling by die skool met die oog op toekomstige be­roepskeuses bygewoon het.
Volgens die skoolskakelbeampte, Elmari Craig, hou die skool ‘n groot uitstalling vroeg in die jaar wat op graad 12-leerders gefokus is en later die jaar een vir graad 11-leerders.
“Graad 11-leerders kry sodoende vroegtydig blootstelling aan tersiêre instansies en hul toelatingsvereistes voordat hulle hul finale skooljaar aanpak en ingeligte besluite oor naskoolse studies neem,” sê sy.
Pieties, Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en Hoërskool Noorderland het die uitstalling bygewoon.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Sondela Academy se Ryno Kleynhans en Micheal Esterhuizen saam met Shanon Pinn, middel, van Tommies.

Related Articles

Back to top button