Woord in Aksie Limpopo hou geslaagde mannekamp

Omdat mans geneig is om meer te vrees en gewoonlik die finansiële verantwoordelikheid dra om sy rol in die samelewing te vervul, het Woord in Aksie Limpopo die naweek ‘n mannekamp buite die stad gehou waarby gebroke mans kon aansluit om hulle geestelik te versterk vir die pad vorentoe. Een van Woord in Aksie (WiA) …

Omdat mans geneig is om meer te vrees en gewoonlik die finansiële verantwoordelikheid dra om sy rol in die samelewing te vervul, het Woord in Aksie Limpopo die naweek ‘n mannekamp buite die stad gehou waarby gebroke mans kon aansluit om hulle geestelik te versterk vir die pad vorentoe.
Een van Woord in Aksie (WiA) Limpopo se streekleiers, Trienie Mahne, sê die program het uit onder meer hartslesings deur ‘n verskeidenheid sprekers, lofpry­sing en besprekingsessies in kleiner groepe bestaan. “Tydens die kleingroepbesprekings deel mans hulle gevoel oor die voorafgaande lesing. Die temas wat bespreek is sluit jou skeppingsdoel, stand en wandel in geregtigheid en saad van die Woord in.”
Sy sê die doel van die kamp is om gebroke mans weer in dapper mans te omskep sodat hy sy skeppingsdoel kan bereik.
WiA is ‘n interkerklike organisasie wat al vir 30 jaar bestaan en hulle visie is om die waarhede van die Woord in die huwelik, gesin en persoonlike lewe van elke persoon uit te bring en bied van manne-, vroue- en huweliks- en ook tienerkampe aan wat praktiese lesings ontwikkel om mense toe te rus om die lewe se probleme te hanteer.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

‘n Groep mans tydens lofprysing.
Sangleier, Clement Scott.
Exit mobile version