Marie Neeleman sterf na kort siekbed

Marie Neeleman (66) is Vrydagaand ná ‘n kort siekbed aan kanker oorlede. Sy was veral bekend onder inwoners van die stad as een van die vriendelike verkoopsdames by die destydse M. Klisser and Company skrybehoef­tewinkel in die 1980’s en 1990’s. Haar tweelingdogters, Ronel en Ina onthou hul ma as ‘n omgeemens. “Sy was warm, vriendelik, …

Marie Neeleman (66) is Vrydagaand ná ‘n kort siekbed aan kanker oorlede.
Sy was veral bekend onder inwoners van die stad as een van die vriendelike verkoopsdames by die destydse M. Klisser and Company skrybehoef­tewinkel in die 1980’s en 1990’s.
Haar tweelingdogters, Ronel en Ina onthou hul ma as ‘n omgeemens. “Sy was warm, vriendelik, spontaan en altyd besorg oor ons as gesin – selfs oor ons vriende. Ons is ‘n hegte gesin wat baie tyd gemaak het vir mekaar en sy was die ‘spanbestuurder’ van dié eenheid. Sy het ons sin vir humor verstaan as ons met ons ‘Tannie Marie’ spot, maar was altyd gereed met ‘n goeie kwinkslag in reaksie. Ons gaan haar natuurlik baie mis maar sy laat ons met pragtige herinneringe. Terloops, as iemand haar befaamde sjokoladekoekresep het, stuur dit asseblief aan,” was hul boodskap.
Familievriendin, Adele van der Linde, wat saam met die dogters grootgeword het, sê dat sy Marie se vriendelikheid sal onthou. “As kinders het ons ons skryfbehoeftes by haar gekoop en sy het uit haar pad gegaan om ons koopervaring buitengewoon te maak.”
Sy word ook oorleef deur haar man, Onno.
‘n Gedenkdiens word vandag (Donderdag) om 11:00 by die AGS Taberna Dei Ooskampus op die hoek van Bekker- en Du Preezstraat gehou.

Story: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

Related Articles

Back to top button