Just4U Rusoord voorsien in ‘n behoefte vir bejaardes

Just4U Rusoord het onlangs sy deure op ‘n Myngenoegenhoewe geopen en daar is tans drie kamers vir bewoning beskikbaar. Bestuurder, Jean Venter, wat al etlike jare by die tuisversorging van siekes en bejaardes in die stad betrokke is, sê dat die oord as nie-winsgewende organisasie geregistreer is en dat tariewe bepaal word volgens die behoeftes …

Just4U Rusoord het onlangs sy deure op ‘n Myngenoegenhoewe geopen en daar is tans drie kamers vir bewoning beskikbaar.
Bestuurder, Jean Venter, wat al etlike jare by die tuisversorging van siekes en bejaardes in die stad betrokke is, sê dat die oord as nie-winsgewende organisasie geregistreer is en dat tariewe bepaal word volgens die behoeftes van die inwoners.
“Gedeelde kamers is teen R6 000 per persoon beskikbaar, maar enkelkamers en spesiale versorging soos vir gestremdes en persone wat bedlêend is kos meer.”
Volgens Venter het die oord ‘n rustige atmosfeer en word vervoer na die stad voorsien.
“Ons bedien gebalanseerde etes, ook vir diabete, en wasgoed en skoonmaakdienste is ingesluit. Daar is ‘n geregistreerde suster, twee verpleegsters en sewe versorgers om na die inwoners se behoeftes om te sien.”
Volgens haar sal ‘n arbeidsterapeut die oord gereeld besoek en inwoners sal by plaaslike kerkaktiwiteite ingeskakel word.
Skakel Venter by 083 285 4161 vir meer inligting.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version