Vryburgers se wynveiling bied winskope

Al die wyn wat verlede Donderdagaand by die Vryburgers en Tafelronde se wynveiling van die hand gesit is, het nuwe base gekry. Vryburger Aggie Ströh was die afslaer en die hoogste prys wat behaal is, was vir ‘n versameling bestaande uit 12 bottels Kopbeen Pinotage 2014, ses bottels Cloverfield Chardonnay Wooded 2016 en ses bottels …

Al die wyn wat verlede Donderdagaand by die Vryburgers en Tafelronde se wynveiling van die hand gesit is, het nuwe base gekry.
Vryburger Aggie Ströh was die afslaer en die hoogste prys wat behaal is, was vir ‘n versameling bestaande uit 12 bottels Kopbeen Pinotage 2014, ses bottels Cloverfield Chardonnay Wooded 2016 en ses bottels Thunderchild Merlot/Cabernet Franc/Cabernet Sauvignon 2014, wat vir R5 300 verkoop is.
Vryburger, Adriaan van der Walt, sê dat die ondersteuning van die stad se inwoners en sakelui opreg waardeer word. “Die opbrengs gaan vir liefdadigheid en dit is goed om te sien dat mense bereid is om hul harte oop te maak vir ‘n goeie doel.”
Die liefdadigheidsprojek is ‘n spanpoging van die Vryburgers van Pietersburg en Robertson en Tafelronde Pietersburg 22.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Jannie van Waveren sr en seun, Jannie, ondersteun die veiling.
Vryburgers, Dawid van der Walt en Gert Ehlers, maak seker die regte wyn kom by hul kopers uit.
Jan, Solet en Marike Ströh.
Exit mobile version