BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com
Die NG Kerk Renosterpoort in Ladanna se jaarlikse basaar het Saterdag bewys dat so geleentheid nie net vir koop en verkoop is nie, maar ook vir gesellige samesyn en samehorigheid.
Plaaslike leraar, Deon Groenewald, het sy voorskoot aangesit en sy plek agter die pannekoektafel volgestaan. Kerrie-en-rys, hamburgers, boereworsrolle en ‘n heerlike ontbyt was saam met ander eet-en drinkgoed, hoog in aanvraag en die voorraad by die vleis en vars vrugte en groentestalletjies was gou uitverkoop.
Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com