Werk mee vir n besondere Kersgeskenk vir hulpbehoewendes

Vision of Hope (VoHF) en Pietersburg Hulpgroep (PGH) span vanjaar weer saam om ‘n onvergeetlike Kerspartytjie vir minderbevoorregtes by shelters, ouetehuise, pleegsorghuise en huis­houdings te hou en vra die publiek, besighede en ander instansies om weer in te spring en te help. Die projek behels dat vrywilligers of groepe ‘n versierde skoendoos met items vul …

Vision of Hope (VoHF) en Pietersburg Hulpgroep (PGH) span vanjaar weer saam om ‘n onvergeetlike Kerspartytjie vir minderbevoorregtes by shelters, ouetehuise, pleegsorghuise en huis­houdings te hou en vra die publiek, besighede en ander instansies om weer in te spring en te help.
Die projek behels dat vrywilligers of groepe ‘n versierde skoendoos met items vul wat van ‘n lys gekies kan word en ‘n boodskap bysit. Mense kan ook eie inisiatief met nuttige geskenke gebruik. Elke persoon kies vooraf of hy die pakkie wil opmaak vir ‘n jong dame, jong man, volwasse vrou of man met die oog op Kersfees.
Drienie van Wyk, VoHF-voorsitter van sê hulle beplan om weer vir elke persoon ‘n Kersgeskenk te gee wat hulle nooit sal vergeet nie. Hulle het reeds genoeg leë skoendose gekry. “Ons wil graag die dose met handige items soos toiletware vir mans en vroue en skoolbenodigdhede vir die kinders. Natuurlik sal lekkergoed en speelgoed ook welkom wees,” sê sy.
Die Kerspartytjie sal op 15 Desember by Soetdorings Buiteklub gehou word. Sonnika Fox, Mev Limpopo 2018 en Chantelle Ströh, Mev Limpopo 2018, eerste prinses, help met die reëlings.
Lys van voorgestelde geskenke, afhangend van geslag
Sanitêre- en toiletware soos lekkerruikseep, waslap, tandeborsel, tandepasta, sneesdoekies, kam, borsel, sjampoe, deodorant, lyfroom en weggooibare skeermesse. ‘n Notaboek en pen, haarversierings, boekie met inspirasieboodskappe, blanko geskenkkaartjies en koeverte, drasak vir kruideniersware/items, iets lekker om te eet (niebederfbaar), beursie of handige sakkie en inkleurboek en kleurkryt vir volwassenes sal ook handig te pas kom.
Skakel Van Wyk by 083 495 3959 vir meer inligting of om deel van die projek te wees.

Storie: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version