Lente wenke vir hierdie naweek

Die dae raak langer en heelwat warmer en dit is nie meer nodig om in die huis onder komberse jou tyd te spandeer nie. Saterdag is Lentedag en skielik is die stad bedrywing met aktiwiteite.

POLOKWANE – Lees hier vir interesante lente idees.

Vrydagaand:

• N.G. kerk Bendorpark bied aan “Met ander woorde” deur Lizz Meiring. Dit is ‘n versameling sketse, stories en vertellings uit die pen van die aweregse, eiesoortige Lizz Meiring. Sy vertel ook gre uit haar eie lewe en loopbaan, van die lastige ongemaklikhede as kunstenaar wees en die triomfantlike ontsnapping wat kreatiwiteit bied. Met andwer woorde is slimsnaaks, energiek, warmhartig, vermaaklik, verbeeldingryk en oorsprinklik.

DIE N.G. Kerk Bendor bied aan ‘Met Ander Woorde’ deur Lizz Meiring hierdie Vrydag, 31 Augustus om 20:00.
Kaartjies kos R100 per persoon en is verkrygbaar by Bendorpark Kerkkantoor – (015) 296 1270 en Veritas Rekenmeesters te Pierrestraat 1.
Kom kuier reeds vanaf 17:00 saam en geniet heerlike pannekoek, kerrie en rys, boereworsrolle, pizza en nagereg. Daar sal ook vleis en groente en vrugte te koop wees en ‘n skattejag. ‘Met Ander Woorde’ is ‘n versameling sketse, stories en vertellings uit d

Dit vind plaas op Vrydag, 31 Augustus om 20:00 by N.G. Kerk Bendorpark, van Niekerkrylaan, Bendor.

Kaartjies kos R100 per persoon en is beskikbaar by Bendorpark Kerkkantoor (015 296 1270) en Veritas Rekenmeester, Pierrestraat 1.

Daar sal ook ‘n verskeidenheid eetgoed te koop wees soos pannekoek, kerrie en rys, pizza, vleis en groente en vrugte.

• N.G. Noord bied aan ‘n gesellige aand saam om ‘n skaapkop. Vir die minder waaghalsiges is daar bobotie. Alles word bedien met bykosse.

Die skaapkop kos R180 en die bobotie kos R80.

Dit begin om 18:30.

Kontak Ansie by 082 703 8486.

Saterdag:

• NG Kerk Renosterpoort hou basaar vanaf 07:30. Hier sal kgebak, ontbyt, nagereg, lekkergoed, groente, pannekoek, ‘n wit olifanttafel, pap en kaiings en vleis besikbaar wees.

Vir meer inligting kontak Erika Brits by 082 445 8206.

Foto vir illustrasie. Pixabay

• Witkruismonument Geleentheid begin reeeds vroeg Saterdagoggend waneer mense om 07:00 reed by die Ranch Resort bymekaar kom. Die motorfietsryers vertrek vanaf die Peter Mokaba Stadion na die Ranch Motel en almal vertrek vanaf die Ranch na die kruise om 08:00.

Persone wat voertuie het wat baie laag is, kan hulle voertuie parkeer onder, en saam met persone met bakkies ry tot bo by die kruise. Daar sal ook stalletjies wees by die kruise, om iets te eet en te drink. Sodra alaml bo is, wag ons vir die Bittereinder Perde Kommando om ook by ons aan te sluit.

Tydens die seremonie sal daar sangoptredes deurn Danie van der Westhuizen wees asook sprekers soos Past TJ Maree (Bikers), Aubry Steenekamp, Mariandra Heunis en Barend Pienaar. Daarna is daar ‘n oorhandiging van toekennings en kruisoorhandiging. Die kruise sal dan geplant word.

Vir meer inligint, kontak Lita by 060 414 6129.

• Die Sekelbosfees vind plaas by Laerskool Pieersburg met heerlike krokodil en vlakvark op die spit. Daar sal ook kompetisies wees waar jy tablette, ‘n sleepwa handgemaakte messe en houtstoele kan wen.

Daar sal potjiekos wees, skattejag, ‘n verskeidenheid stalletjies, gholf naderhoukompetisie en veteraanmotors op uitstalling. Die modelmotorklub hou ‘n uitstalling en vertoning en daar is ‘n teetuin met heerlike verwerkings.

Daar is ook vars maalvleis en wors, ‘n verskeie kosstalletjies, gebak, kwekery en lekkergoedtafel.

Vir meer inligting kontak Faan Visser by 0721466919 Faan Visser

• Polokwane Bark for Life begin reeds om 09:00 by Laerskool Pietersburg by die Sekelbos Fees. Registrasies begin reeds om 0830 en daar is ‘n verskeidenheid kategorië om aan deel te neem soos cutest puppy, best dressed, best brakkie en longest and shortest pair.

Ingang kos R50.

Vir meer inligting kontak Chantel van Deventer by 072 025 6341.

• Die Gift of the Giving Mark is ook weer Saterdag by Liebman Bricks oop. Hier word verskillende items soos visvanggoed, pottebakery, parfuum, handvlyt en plante verkoop. Daar is ook ‘n verskeidenheid van kossoorte soos pannekoek, boereworsrolle, gebak, eiers en vrugte en groente.

Hierdie keer is daar ook vintage motors ten toon gestel.

Alle stalletjiekostes word geskenk aan welsyn en dit is ‘n maandlikse geleentheid vir mense om ‘n inkomste te genereer.

Vir meer inligting kontak Karen by 084 702 4512.

• Die Gereformeerde Kerk bied aan ‘n lentetee by die Taberna Dei Meoderkampus (op die hoek van Webster- en Jorissenstraat) om 10:00. Tydens die gleentheid sal STOP Human Trafficing vrywilligers, Charlotta Beukes en Vanessa Kruger die vroue meer vertel van die organisasie.

Kaartjies kos R100 enn akn by Sarie Bronkhorst gekoop word. Skakel haar by 082 819 9164.

• Die Spring Festival Charity Day Potjiekoskompetisie vind plaas vanaf 11:00 tot laat by Bosveld Jagters Pubb en Grill. Alle opbrengs word geskenk aan Hoop vir Kinders. Gerry Lee en Neels Bezuidenhout sal sorg vir vermaak. Daar gaan ook ‘n veiling en dans wees en wonderlike pryse te wen.

Vir meer inligting, kontak Hannes by 082 924 1267, Piet by 082 325 2826 of Jurie by 082 937 7430.

Photo: Colourbox

• Polokwane Kudu’s Rugby Klub hou ‘n Lentedans by die Polokwane Militêre Sport klub. Die begin reeds om 17:00.

Daar is twee pryse vir kaartjies naamlik:

Opsie A: R100 wat ingang vir twee mense insluit en ‘n gelukkige trekking met ‘n koekoe as prys.

Opsie B: R10 wat slegs ingang vir een persoon insluit.

Kinders onder 12 kan gratis ingaan. Daar is ‘n kontantkroeg en wenners moet teenwoordig wees tydens die trekking om die prys te ontvang.

Vir meer inligting kontak Das by 076 543 8461 of Ulanda by 083 652 2468.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version