Lentemark beloof week se vrolikheid

Saam met lente in die lug word die Lentemark van die NG Kerk Pietersburg-Oos gehou om iets en meer vir elkeen te bied. Die mark vind ‘n hele week van 22 tot 29 September op die hoek van Natorp- en Jonesstraat plaas. Kaartjies vir ‘n ontbyt wat Saterdag, 22 September van 08:30 tot 11:00 teen …

Saam met lente in die lug word die Lentemark van die NG Kerk Pietersburg-Oos gehou om iets en meer vir elkeen te bied.
Die mark vind ‘n hele week van 22 tot 29 September op die hoek van Natorp- en Jonesstraat plaas.
Kaartjies vir ‘n ontbyt wat Saterdag, 22 September van 08:30 tot 11:00 teen R50 per persoon aangebied word, moet vooraf gekoop word. Gesinne van vier en meer betaal slegs R40 per persoon.
Die mark is ook op Sondag, 23 September, oop en ná ‘n erediens om 09:00 met orrelspel deur Piet en Ria Nel, vind ‘n Piekniekbraai om 11:00 onder die bome op die kerkterrein plaas. Bykosse en nagereg sal te koop wees, maar kaartjies moet vooraf gekoop word teen R50 per persoon, met ‘n afslag van R10 per persoon vir gesinne van vier of meer.
“Bring jou kampstoel, gazebo, piekniekmandjie met eetgerei, vleis en drinkgoed saam. Vure word voorsien met watertandbykosse en nagereg,” sê Ilze Meyer oor dié besondere gebeurtenis.
Maandag, 24 September is ‘n vakansiedag en benewens ‘n kuns- en stokperdjie-uitstalling, kan besoekers hul eie braaivleis op die terrein hou of potjiekos maak. Drinkgoed is te koop.
Potspel, veerpyltjies en tafeltennis sal sorg dat diegene wat genoeg energie het, hul vernuf teen vriende kan meet.
Bestellings kan daagliks vir wegneemetes, pannekoek, hamburgers, kerrie-en-rys en boereworsrolle geplaas word.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button