Federasie se Sondagete goed ondersteun

Terwyl ou vriendskappe verlede Sondagmiddag by die SAVF Vergeet My Nie Behuisingsentrum se gereelde middagete hernu is, is ook nuwe vriendskappe om die tafel gesmee. Gloudine Smit-van der Westhuizen, Beatrice Loots en Sophia de Swardt en hul helpers het seker gemaak dat daar genoeg te ete was en gaste moes net hul eie drinkgoed saambring. …

Terwyl ou vriendskappe verlede Sondagmiddag by die SAVF Vergeet My Nie Behuisingsentrum se gereelde middagete hernu is, is ook nuwe vriendskappe om die tafel gesmee.
Gloudine Smit-van der Westhuizen, Beatrice Loots en Sophia de Swardt en hul helpers het seker gemaak dat daar genoeg te ete was en gaste moes net hul eie drinkgoed saambring.
Die hoofgereg bestaande uit herderspastei, ‘n soetsuur hoendergereg, geurige rys, gebotterde groenertjies en lemoenwortels is afgerond met ‘n gebakte skelvisvoorgereg en ‘n asynpoeding met vla.
‘n Griekse slaai en ‘n kerrieblomkoolslaai het ‘n gesonde balans verskaf.
Die verkenners van Doornkraal Voortrekkerkommando het oudergewoonte as kelners opgetree en toegesien dat leë borde en eetgerei vinnig opgeruim en opgewas is en het ook van die ouer garde by die opskeptafels gehelp.
Hul offisier, Margaretha van der Merwe, sê dat die werk deel vorm van hul werk vir die gemeenskapsdienskenteken, maar dat hulle dit ook doen omdat hulle lief is vir die senior bur­gers en graag saam met hulle eet.
“Ons spaar die tehuis ‘n paar duisend rand per jaar en lewer ons bydrae.”

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Spanoffisier Margaretha van der Merwe van Doornkraal Voortrekkerkommando met Ver­kenners, Alex Wilkinson, Stefanie Roets, Kara Bornman, Natascha Jacobs en Tia Wilkinson.
Die Smitte is gereelde gaste by die ete. Celesté, Philip jr, Philip sr en Marienta verkeer gesellig saam.
Elaine Deverneuil, Johan van der Westhuizen, Gloudine Smit-van der Westhuizen en Johan en Maxie de Villiers kuier ná die ete.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button