Koerantstorie werp vrugte af, sweismasjien ontvang

Polokwane Observer se onlangse berig oor die behoefte wat inwoners van Tuiskoms Shelter aan werkgereedskap het, het vrugte afgewerp toe ‘n weldoener verlede Dinsdag ‘n gebruikte sweismasjien by die koerant se kantoor afgelewer het. Voorsitter van Tuis­koms Shelter, Charles van Wyk, het die ma­sjien in ontvangs ge­neem en gesê dat dit beslis handig te pas …

Polokwane Observer se onlangse berig oor die behoefte wat inwoners van Tuiskoms Shelter aan werkgereedskap het, het vrugte afgewerp toe ‘n weldoener verlede Dinsdag ‘n gebruikte sweismasjien by die koerant se kantoor afgelewer het.
Voorsitter van Tuis­koms Shelter, Charles van Wyk, het die ma­sjien in ontvangs ge­neem en gesê dat dit beslis handig te pas sal kom. “Daar woon 47 mense by die shelter wat enkellopendes, egpare en selfs kinders insluit en hulle word met breiprojekte, hout- en yster- en staalwerk en tuinbouwerk besig gehou. Gereedskap is duur en ons kan so baie doen as die publiek hul harte oopmaak. Ons is baie dankbaar.”

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Exit mobile version