Eerste Afrikaanse boek oor Eerste Wêreldoorlog

‘n Eerste in Afrikaans en ‘n eerste gedenkuitgawe 100 jaar later. En boonop uit die pen van ‘n bekende inwoner van die stad en uitnemende Geskiedenis-leerkrag wie se passie vir sy vak aansteeklik is. Louis Scott, korporatiewe bestuurder van Hoërskool Pie­tersburg, se be­kendstelling van sy boek, Hel toe en terug’ vind op Donderdag, 16 Augustus …

‘n Eerste in Afrikaans en ‘n eerste gedenkuitgawe 100 jaar later. En boonop uit die pen van ‘n bekende inwoner van die stad en uitnemende Geskiedenis-leerkrag wie se passie vir sy vak aansteeklik is.
Louis Scott, korporatiewe bestuurder van Hoërskool Pie­tersburg, se be­kendstelling van sy boek, Hel toe en terug’ vind op Donderdag, 16 Augustus om 18:00 in die skoolsaal plaas.
Scott, wat ‘n meestersgraad in geskiedenis het, het geen tyd of koste ontsien nie om deeglike navorsing te doen en gebeure só te dokumenteer dat die gewone man op straat die boek kan lees en geniet.
“Die onbekende vergete Groot Oorlog was vir soldate, veral ook Suid-Afrikaners, letterlik hel op aarde en het ‘n onbeskryflike impak op die psige van die mensdom gehad. Mense het nie ‘n idee wat gebeur het nie omdat niemand meer leef nie.”
Scott sê dat hy met die skryf van die boek die oorlog in 50 hoofmomente ingedeel en drie bladsye aan elk afge­staan het om dit kort en ver­-
teerbaar te maak. Baie foto’s is gebruik om die verhaal te laat vloei.
Tydens die bekendstellingsgeleentheid sal Scott in 40-minute die kernaspekte van die oorlog uitlig en veral op die deelname van ons voorouers konsentreer. Die boek sal in hardeband en in volkleur teen R250 beskikbaar wees.
RSVP bywoning voor of op Maandag, 13 Augustus deur ‘n e-pos aan louis@pieties.co.za te stuur. Gaste gaan na die tyd gesellig saamkuier terwyl sop en sjerrie bedien word.

Storie en foto: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Exit mobile version