Skaapkop ‘n dis vir fynproewers

‘n Goudgebraaide skaapkop met sponserige wange en oë verskyn nie sommer op enige eetplek se spyskaart nie. Die goeie opkoms by Pietersburgklub se jaarlikse skaapkopaand wat verlede Donderdag gehou is, het egter bewys dat daar nog genoeg fynproewers in die stad is wat hul voortande sal gee om die tradisionele en ietwat eksotiese gereg op …

‘n Goudgebraaide skaapkop met sponserige wange en oë verskyn nie sommer op enige eetplek se spyskaart nie.
Die goeie opkoms by Pietersburgklub se jaarlikse skaapkopaand wat verlede Donderdag gehou is, het egter bewys dat daar nog genoeg fynproewers in die stad is wat hul voortande sal gee om die tradisionele en ietwat eksotiese gereg op die spyskaart te hê.
Kerrie-afval, biefstuk en beesstert kon ook bestel word sodat diegene wat nie ‘n smaak vir minder bekende disse het nie iets te ete gehad het.
Bykosse het keurig voorbereide groente en stampmielies met ‘n gebakte poeding met vla vir nagereg ingesluit.
Die Bosvellers het met hul tradisionele boeremusiek verseker dat gaste in die regte stemming was.
Een van die gesoute skaapkop­eters, Peet van Zyl, sê dat dié aand ‘n spesiale okkasie is met die regte gereedskap.
“My Joseph Rodgers knipmes kom altyd saam om die oë sorgvuldig uit te haal en die sappige wangvleis af te skil.”
Die skaapkoppe word eers in soutwater gekook, met ‘n spesiale kerriesous bedruip, in foelie toegedraai en in die oond gebak vir ‘n kraaklekker buitekant. Net voor opdiening word dit weer verhit.
Pietersburgklub se sjef, Wilson Matshetela, en sy span moes bontstaan om die gaste met hul uiteenlopende smaak­voorkeure gelukkig te hou.

Storie, foto’s en video: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Flip van As, Peet van Zyl en Eugene le Roux is gesoute skaapkopeters.
Attie Vermaak, Ralie de Beer, Juan du Bruyn, Hans Rootman en Chris Gouws, bekend as die Bosvellers, speel boeremusiek by die skaapkopaand.
Pietersburgklub se sjef, Wilson
Matshetela, met ‘n gebraaide skaapkop.
Jan Kampherbeek maak korte mette van die spesialiteitsdis.
Marthinus Beukes, Paul Shearer, Dirk Liebenberg en Kierin Bristow skrik nie vir ‘n skaapkop nie.

Related Articles

Back to top button