EntertainmentLifestyle

Feesjolyt wink saam met top SA-kunstenaars

Trek jou jas en feesskoene aan en kom deel in al die jolyt van die Kierieklapper Kunstefees vanaf 2 tot 4 Augustus.

MOKOPANE -Die Kierieklapper Kunstefees op Hoërskool Piet Potgieter se terrein sorg vanjaar vir top Afrikaanse vermaak. Die fees is die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes se grootste fondsinsamelingsprojek. Die Dienssentrumlede ken van feeshou en staan weer slaggereed met hulle pannekoek- en jafelpanne.

Vanjaar kan jy die winter se koue vinnig verdryf deur saam te kom sing en dans. Andriëtte en Wolwedans is Donderdag op die verhoog. Moet ook nie die gasvrou-geleentheid met die Mannewales produksie om 19:00 in die skoolsaal vergeet nie. Philip Moolman en Johan Kelber gesels en vermaak met musiek oor alles waaroor mans wonder en hoe hulle die lewe ervaar.

Bekroonde sanger, Jo Black.

Jo Black en Leah sing Vrydag en Spoegwolf en Touch of Class tree Saterdag op.

Die Afrikaanse sanggroep, Spoegwolf.

Ander kunstenaars wat hulle buiging gaan maak, sluit in Jennifer Zamudio, die duo, Heuning en Tussen Sterre. Dillon Lerm is weer terug as seremoniemeester.

Die gewilde sangeres, Leah.

Met jou keel droog en hongerpyne wat gestil moet word, is daar talle stalletjies met heerlike eet- en drinkgoed. Moenie die gewilde biertent vergeet wat deur die manne van die Kameeldoring Tafelronde ’92 behartig word nie. Daar gaan weer tot laataand gesellig saam gekuier word.

Die kindergedeelte binne die terrein behoort die jonges goed besig te hou. Vir die adenalienverslaafdes is daar ‘n muur wat uitgeklim kan word, ‘n reuse glybaan, ruimte-avontuur, meganiese bul en -branderplankry. Vir die kleinspan is daar Klikkerland en Magonjatjie op die verhoog.

Saterdag, 4 Augustus, net na hanekraai kom die fikses en vietses bymekaar vir die pretdraf. Trek jou tekkies aan en kom draf of stap om 07:00 saam. Die skoonhede kry ook die oggend kans om hulle passies te wys in die Mej. Kierieklapperkompetisie. Die naweek se verrigtinge word afgesluit in die Hulp en Hoop Gemeenskapskerk om 18:00 met Manne wat Glo. Toegang is gratis met ‘n deurkollekte. Dit is nie aldag dat ‘n mens Nataniël in lewende lywe sien nie en dus moet jy nou jou plek by die Dienssentrum bespreek vir sy vertoning op Woensdag, 8 Augustus, in die NG Hulp en Hoop Gemeenskapskerk. Die ouderdomsbeperking is sestien jaar en ouer. Die fees eindig op Donderdag, 9 Augustus, met ‘n gholfdag by die Kameeldoring Gholfklub vir diegene wat hulle stokke wil saam kom swaai.

Die feesprogram is as volg:

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404o

Related Articles

Back to top button