Polisie rugbyspelers reik hande uit na Ngwana Babahuis in stad

Landwye geharde rugbyspelers in diens van die polisie wat verlede week aan die nasionale polisie rugbyweek in die stad deelgeneem het, het Vrydag hul sagte kant gewys toe hulle skenkings van onder meer doeke, formulemelk, ‘n mikrogolfoond en ‘n koopbewys aan Ngwana Babahuis oorhandig het. Die uitreikprojek is die breinkind van Limpopo-verteenwoordiger van die polisierugby …

Landwye geharde rugbyspelers in diens van die polisie wat verlede week aan die nasionale polisie rugbyweek in die stad deelgeneem het, het Vrydag hul sagte kant gewys toe hulle skenkings van onder meer doeke, formulemelk, ‘n mikrogolfoond en ‘n koopbewys aan Ngwana Babahuis oorhandig het.
Die uitreikprojek is die breinkind van Limpopo-verteenwoordiger van die polisierugby se nasionale komitee, Karel Beetge, wat Ngwana Babahuis as begunstigde geïdentifiseer het.
Mans- en vrouerugbyspelers van al die provinsies het by die idee ingekoop en produkte of geld geskenk.
“Ons is in die bevoorregte posisie om in Mandelamaand ‘n bydrae en verskil in babas se lewens te maak en bedank Ngwana Babahuis se personeel vir hul harde werk om te verseker dat hierdie kinders ook eendag die lig kan sien,” sê skeidsregter-sameroeper van die rugbyweek, Sampie Koopman.
Ngwana Babahuis-projekbestuurder, Louise Snyman sê daar word tans 25 babas gehuis­­-
ves en versorg. “Ons het steeds nie die 2018-toelaag van die regering ontvang nie en is van skenkings en donasies afhanklik. Die swak ekonomie het veroorsaak dat verskeie besighede hul finansiële bydraes onttrek het. Skenkings van produkte is ‘n groot seën omdat ons dan nie self geld uitgee om dit aan te koop nie,” sê Snyman.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

Related Articles

 
Back to top button