Kinders baljaar by kuierplaas danksy krisissentrum

Wat maar net nog ‘n dag in die lewe van behoeftiges in Westenburg sou wees, het ‘n leersame en prettige uitstappie geword toe ‘n groepie van 35 kinders deur Adonai Crisis Centre for Women and Children op ‘n besoek aan ‘n kuierplaas buite die stad geneem is. Die kinders het ‘n verskeidenheid plaasdiere van nader …

Wat maar net nog ‘n dag in die lewe van behoeftiges in Westenburg sou wees, het ‘n leersame en prettige uitstappie geword toe ‘n groepie van 35 kinders deur Adonai Crisis Centre for Women and Children op ‘n besoek aan ‘n kuierplaas buite die stad geneem is. Die kinders het ‘n verskeidenheid plaasdiere van nader bekyk en op die speeltoerusting baljaar, geleentheid gehad om vir foto’s te poseer en die aandag terdeë geniet. Die worsbroodjies, slonsysies (slush puppies) en springmielies wat boonop uitgedeel is, het die gesigte laat straal.
Angela Salter, sentrumbestuurder, sê dat kinders van die omgewing na skool en oor naweke aanmeld waar hulle van kos, soms klere en ander noodsaaklikhede voorsien word. “Vir baie van die kinders is dit die enigste kos wat hulle vir die dag kry omdat hulle uit uiters behoeftige huise kom.”
Salter bedryf die sentrum, wat ook ‘n tydelike tuiste vir vroue in nood verskaf, sonder enige staatshulp en steun grootliks op skenkings van kerke en besighede. “Ek is baie dankbaar teenoor Androë Botha en Mariëtte Diedericks wat die besoek moontlik gemaak het.”
Volgens haar het die sentrum ‘n deurlopende behoefte aan kos en klere en kan ‘n paar tafels en ‘n gasstoof hul lewens vergemaklik. Sy kan by 072 714 1437 geskakel word.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Jaylin Pietersen, Praise Runhindi
en Roman Pie­tersen baljaar
op die trekker.
Jaylin Pietersen, Praise Runhindi en Roman Pietersen baljaar op die trekker.
Reg Matlabala en Keaton en Kayden Nagel geniet die uitstappie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button