Marshallstraat-vlooimark gaan van krag tot krag

Oosterse kos, geskenke, klere en kralewerk was maar ‘n paar van die aantreklikhede wat besoe­kers Saterdag na die vlooimark in Marshallstraat gelok het. Verbygangers het naderge­staan om die smaaklike kerrie-en-rys en varsgebraaide worsbroodjies op die proef te stel en is nie teleurgestel nie. Amelia Nel, organiseerder, sê dat die mark Saterdag die derde keer gehou …

Oosterse kos, geskenke, klere en kralewerk was maar ‘n paar van die aantreklikhede wat besoe­kers Saterdag na die vlooimark in Marshallstraat gelok het.
Verbygangers het naderge­staan om die smaaklike kerrie-en-rys en varsgebraaide worsbroodjies op die proef te stel en is nie teleurgestel nie.
Amelia Nel, organiseerder, sê dat die mark Saterdag die derde keer gehou is en telkens uitbrei met meer verkopers.
Die volgende mark vind op 28 Julie plaas en sal voortaan deur Drieka Bolton gereël word. Tafels kos R50 elk en die geld wat ingesamel word, word deur die Lede in Christus aan behoeftige persone geskenk.
Bolton kan by 060 8010 758 geskakel word om ‘n tafel te huur.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Drieka Bolton reël voortaan die mark.
Kagiso en Bontle Phaahla verkoop geskenke en kralewerk.
Tahera Cassim se klere trek aandag by die vlooimark.
Faizul Carrim se snuisteryetafel bied ‘n verskeidenheid items.
Exit mobile version