Tienerkamp beoog om lewens te verryk

Woord In Aksie (WIA) Limpopo bied van 20 tot 22 Julie ‘n Tienerkamp by Palm’s Inn in Polo­kwane aan. Volgens Debbie Dreyer, een van die streekleiers van WIA Limpopo, is WIA ‘n interkerklike bediening wat slegs naweekkampe aanbied. Die doel is om die mens se gees, siel en liggaam te bevry sodat hy of sy …

Woord In Aksie (WIA) Limpopo bied van 20 tot 22 Julie ‘n Tienerkamp by Palm’s Inn in Polo­kwane aan.
Volgens Debbie Dreyer, een van die streekleiers van WIA Limpopo, is WIA ‘n interkerklike bediening wat slegs naweekkampe aanbied. Die doel is om die mens se gees, siel en liggaam te bevry sodat hy of sy kan kies om lief te hê en voluit vanuit hart en siel te leef.
Die kamp word onder die tema ‘Free to be me’ gehou en kos R300 per persoon. “Dit sal nie net jou tiener se lewe verryk en verander nie, maar ook hulle toekomsrigting bevestig,” meen Dreyer.
Vir meer inligting of besprekings skakel 082 776 4966 of 082 466 0253.

Story: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

 

Exit mobile version