SAVF se basaar bied iets vir elkeen

Die goeie opkoms by die SAVF Polokwane se basaar wat Saterdag by die Vergeet My Nie Behui­singsentrum in die stad gehou is, het bewys dat inwo­ners bereid is om ‘n verdienstelike saak te ondersteun en boonop van gesellige samesyn hou. Behalwe vir heerlike warm kerrie-en-rys, vetkoeke met maalvleis en pannekoek, was daar ook groente en …

Die goeie opkoms by die SAVF Polokwane se basaar wat Saterdag by die Vergeet My Nie Behui­singsentrum in die stad gehou is, het bewys dat inwo­ners bereid is om ‘n verdienstelike saak te ondersteun en boonop van gesellige samesyn hou.
Behalwe vir heerlike warm kerrie-en-rys, vetkoeke met maalvleis en pannekoek, was daar ook groente en vrugte en ‘n wit olifanttafel. Die seniors het self hand bygesit en gesorg dat daar genoeg koeke, terte, beskuit en kleinkoe­kies was om huis toe te neem. Naaldwerk en gebreide items was in aanvraag en ‘n pop wat spesiaal vir die geleentheid aangetrek is, het ‘n opbrengs van R2 000 verseker. Kleuters het op die springkasteel baljaar terwyl besoekers onder die bome by tafels aangesit het en koek en tee geniet het.
Dawie Lee, bestuurder van SAVF Polokwane, het die gemeenskap vir hul ondersteuning bedank en beklemtoon dat inwoners aktief betrokke was by die reëlings. “Vriende en familie van die inwo­ners het gehelp om die tafels te beman en dit was wonderlik om die interaksie gade te slaan.”

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Stella Jordaan met die pop wat sy geklee het en vir R2 000 uitgeloot het.
Lede van die Stokkiesdraaikomitee, Sienie Britz, Marthie Hattingh, Stella Jordaan, Marie Erasmus en Hettie Illingworth beman die naaldwerk- en wit olifanttafel.
Han Zimmerman en Natasha de Witt agter die pannekoektafel.
Leané Briers en Suné Booysen baljaar op die springkasteel.
Exit mobile version