SAVF berei ‘n smullekker Vadersdagete

Pa’s en hulle families het Sondag ‘n heerlike driegang Vadersdagete by SAVF Polokwane geniet. Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes-inwoner, Cecillia de Lange wat 28 Mei 94 geword het, het die ete en samesyn met haar familie baie geniet. Hendrik en Marina Hattingh, ook inwoners, het ook met hulle kinders en kleinkinders lekker saam gekuier. Tina …

Pa’s en hulle families het Sondag ‘n heerlike driegang Vadersdagete by SAVF Polokwane geniet.
Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes-inwoner, Cecillia de Lange wat 28 Mei 94 geword het, het die ete en samesyn met haar familie baie geniet.
Hendrik en Marina Hattingh, ook inwoners, het ook met hulle kinders en kleinkinders lekker saam gekuier.
Tina de Groot, ‘n inwoner van Die Koraal Aftree-oord het gesê sy en haar geliefdes mis nooit ‘n kans om ‘n ete by SAVF Polokwane te geniet nie. “Die kos is heerlik en daar is altyd ‘n groot verskeidenheid om van te kies.”

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Cecillia de Lange en Frans van den Heever met Nonnie de Lange en Rina van den Heever, agter.
Tina de Groot en Lochner Fülscher, is albei inwoners van Koraal. Agter staan Marius en Lizette Fülscher.
Exit mobile version