Musiekskouspel met Wêreldkoorspele in Suid-Afrika

Die Wêreldkoorspele of Olimpiese Spele vir kore vind oor minder as ‘n maand in Pretoria plaas – ‘n eerste vir ‘n Afrikaland waaraan 147 Suid-Afrikaanse kore deelneem. Die spele waaraan 300 kore en 16 000 deelnemers van meer as 60 lande van 4 tot 14 Julie meeding vind tweejaarliks in verskillende kontinente plaas en word …

Die Wêreldkoorspele of Olimpiese Spele vir kore vind oor minder as ‘n maand in Pretoria plaas – ‘n eerste vir ‘n Afrikaland waaraan 147 Suid-Afrikaanse kore deelneem.
Die spele waaraan 300 kore en 16 000 deelnemers van meer as 60 lande van 4 tot 14 Julie meeding vind tweejaarliks in verskillende kontinente plaas en word deur die Interkultur Foundation met Günter Titsch van Duitsland as president aangebied.
Die tema van vanjaar se musiek­ekstravaganza is ‘Various voices – one Harmony’ waarmee mense oor die wêreld geïnspireer word om musiek saam te ervaar en te sien hoe mense met verskillende persoonlikhede en uit verskillende agtergronde as gelykes kan saamspan om ‘n groter doel te dien.
Kore in ‘n verskeidenheid afdelings neem in twee kategorieë, die kampioen- en ope-afdeling, deel.
Die Stellenbosch Universiteitskoor, onder leiding van André van der Merwe, is tydens die vorige wêreldspele in Sochi, Rusland as die beste koor in die wêreld gekroon. Die kamerkoor van die Akustika Kamersangers, onder leiding van Christo Burger, is tans elfde op die wêreldranglys.
Polokwane se plaaslike koor, Ensemble Esprit neem in die ope-kate­gorie in die gemengde kamerkore-afdeling deel.
Ensemble Esprit se woordvoerder, Ans Becker, is baie opgewonde oor die koor se deelname en sê hulle is aan ‘n streng keuringsproses onderwerp toe hulle aansoek vir deelname gedoen het. “Ons steun sterk op bydraes van goedgesinde musiekliefhebbers van die stad om met die uitgawes te help wat op sowat R120 000 beraam word.” Becker kan by 082 457 8171 geskakel word.
Die openings- en afsluitinspleg­tigheid word op 4 en 14 Julie op kykNet NOU ( kanaal146) uitgesaai en kaartjies vir die kompetisie is by wcg.nutickets.co.za te koop.

Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com
BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

Exit mobile version