Hulp, ondersteuning vir slagoffers van plaasaanvalle van Nagtegale

Solidariteit Helpende Hand, tesame met DLU-Potgietersrus het onlangs ‘n tak gestig vir hulpverlening aan slagoffers van plaasaanvalle en beoog om nog takke in areas waar nood is te stig. Dit volg nadat Solidariteit Helpende Hand se Nagtegaaltak in Mookgophong hulle staal gewys het en Pauli Paskin, takkoördineerder die Coertze-gesin wat in Mei op hulle plaas …

Solidariteit Helpende Hand, tesame met DLU-Potgietersrus het onlangs ‘n tak gestig vir hulpverlening aan slagoffers van plaasaanvalle en beoog om nog takke in areas waar nood is te stig.
Dit volg nadat Solidariteit Helpende Hand se Nagtegaaltak in Mookgophong hulle staal gewys het en Pauli Paskin, takkoördineerder die Coertze-gesin wat in Mei op hulle plaas aangeval is bygestaan het deur teenwoordig te wees tydens die afneem van polisieverkla­rings en beradingsessies gereël het. Volgens Paskin sal dié inisiatief in Suid-Afrika gevestig word.
Die doel van die Nagtegale (vernoem na Florence Nightingale) is om die druk op reaksiespanne te verlig sodat hulle hul aandag aan toneelbewaring en die agtervolging van verdagtes kan wy en sal deurlopend opleiding van AfriForum se traumasentrum ontvang ten einde hul behoorlik toe te rus om slagoffers optimaal by te staan en te ondersteun.
Die takke sal in Junie byeenkom om duideliker gebiede en grense uiteen te sit om koördinering te vergemaklik.
Vir verder inligting of moontlike takstigting kontak Marianthie van der Walt by 082 741 7858 of Corné Pohl by 083 356 6463 geskakel word.

Storie: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

 

Related Articles

Back to top button