Wintertemperature sak toe op stad

Inwoners van Polokwane beleef nou volstoom die winter met temperature wat die afgelope week onder 20° C gesak het. Abbygail Smit (17) en Ruchalein Fourie (15) van Limpopo Beauty and Modeling Academy is warm en knus uitgevat vir die winter. Albei meen hulle kan nie deur die wintermaande oorleef sonder leerbaadjies en stewels nie. Abbygail …

Inwoners van Polokwane beleef nou volstoom die winter met temperature wat die afgelope week onder 20° C gesak het.
Abbygail Smit (17) en Ruchalein Fourie (15) van Limpopo Beauty and Modeling Academy is warm en knus uitgevat vir die winter. Albei meen hulle kan nie deur die wintermaande oorleef sonder leerbaadjies en stewels nie.
Abbygail trotseer graag ‘n koue wintersdag voor die TV met ‘n warm sjokoladedrankie. “En daar moet minimalvalekkers in wees.”
Ruchalein is ook mal oor warm sjokoladedrankies. “’n Lekker warm wolkombers met my katte styf teen my is al wat ek op ‘n wintersdag nodig het om te oorleef.”

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Abbygail Smit (17) en Ruchalein Fourie (15) van Limpopo Beauty and Modeling Academy bly warm met warm sjokoladedrankies.

Exit mobile version