Tuisgemaakte items vir almal by Koraal vlooimark

Koraal Aftree-oord in Polokwane het Saterdag ‘n vlooimark gehou waartydens inwoners hulle tuisgemaakte ware van die hand kon sit. Volgens Rita Lombard, organiseerder van die maandelikse mark, word slegs ‘n klein bedrag elke uitstaller per tafel gevra en die res van die opbrengs is vir sy eie sak. “Op die manier kan inwoners bietjie ekstra …

Koraal Aftree-oord in Polokwane het Saterdag ‘n vlooimark gehou waartydens inwoners hulle tuisgemaakte ware van die hand kon sit.
Volgens Rita Lombard, organiseerder van die maandelikse mark, word slegs ‘n klein bedrag elke uitstaller per tafel gevra en die res van die opbrengs is vir sy eie sak. “Op die manier kan inwoners bietjie ekstra geld verdien. Ons gee ander aftreeoorde soos Ons Tuiste en Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes ook geleentheid om van hulle goedere hier te verkoop.”
“Dis ‘n lekker ontspanne familieatmosfeer met oorgenoeg te ete en drinke met musiek wat deur die Hill Billies onder leiding van Anton Fourie gespeel word.”
Vir meer inligting of om ‘n tafel te bespreek kan Lombard by 082 413 9234 tydens kantoorure geskakel word.

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Anna de Beer verkoop vrugte wat sy self inlê en bottel.
Rita Lombard, organiseerder van die vlooimark met Chené Jacobs wat hand- en voetmasserings doen.
Kobus en Lynette Kruger is vaardig agter die pannekoektafel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button