POLOKWANE – “Jy hoef nie ‘n blokman te wees om ‘n hoender te ontbeen of op te sny nie. Enige iemand kan maklik ‘n hoender opsny as dit gaar is,” meen hy.
- Begin by die been van die hoender.
- Sny die sening los en krap hom skoon. As die senings los is, kom die bene redelik maklik uit.
- Breek hom dan op die lit af en trek hom uit.
- Doen dit met die ander been ook.
- Herhaal dit met die vlerkies ook.
- Begin dan by die skouergedeelte van die hoender.
- Sny hom deur by die lit.
- Trek die been uit.
- Hou die mes teen die been.
- Sny deur sy stertbeen wat ‘n kraakbeen is.
- Kerf langs die been deur.