EntertainmentLifestyle

Bemeester hoenderontbening só

Gedurende die tweede Vleis Expo wat op Dinsdagaand, 20 Maart, by die Pietersburg Klub plaasgevind het, het Lood Luïse van Vivo Vleismark ‘n demonstrasie gehou oor hoe om hoender te ontbeen.

POLOKWANE – “Jy hoef nie ‘n blokman te wees om ‘n hoender te ontbeen of op te sny nie. Enige iemand kan maklik ‘n hoender opsny as dit gaar is,” meen hy.

  1. Begin by die been van die hoender.
  2. Sny die sening los en krap hom skoon. As die senings los is, kom die bene redelik maklik uit.
  3. Breek hom dan op die lit af en trek hom uit.
  4. Doen dit met die ander been ook.
  5. Herhaal dit met die vlerkies ook.
  6. Begin dan by die skouergedeelte van die hoender.
  7. Sny hom deur by die lit.
  8. Trek die been uit.
  9. Hou die mes teen die been.
  10. Sny deur sy stertbeen wat ‘n kraakbeen is.
  11. Kerf langs die been deur.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button