‘n Spesiale geleentheid in die laaste week van Lydenstyd

Kom stap saam op ‘n kort pelgrimstog, ook bekend as die weg van die kruis of die weg van lyding (die Via Dolorosa) by die NG Kerk Pietersburg-Oos. Op ons kerkterrein sal daar 12 stasies wees wat momente in Jesus se lyding verteenwoordig. Die inligting by elke stasie het ‘n Bybelteks, paar vrae wat jy …

Kom stap saam op ‘n kort pelgrimstog, ook bekend as die weg van die kruis of die weg van lyding (die Via Dolorosa) by die NG Kerk Pietersburg-Oos.
Op ons kerkterrein sal daar 12 stasies wees wat momente in Jesus se lyding verteenwoordig. Die inligting by elke stasie het ‘n Bybelteks, paar vrae wat jy kan bepeins en gebed wat jy kan bid.
Die tog begin deur ? rukkie in die ‘tuin van Getsemane’ te vertoef en jouself in die stryd in Jesus se gemoed in te dink, aan Petrus wat Jesus verloën het en die kladmerke op jou eie lewe. Jy gaan jou hande soos Pilatus was, ‘n kroon van dorings of doringdraad vleg (wat jy kan saamneem huis toe), jou skouers onder die gewig van die dwarshout van die kruis (patibulum in Latyn) indruk en jou probeer indink hoe dit sou voel om die kruis te dra nadat jy regdeur die nag gemartel is, sonder kos en water moes wees en meer as ‘n kilometer met die dwarshout op jou skouers moes loop. Jy gaan spykers in die ‘kruis’ (? stuk ruwe hout) inslaan, want as jy eerlik met jouself is, en jy was daardie Vrydagoggend op Golgota, het jy moontlik self die hamer gevat en spykers help inslaan. Jy gaan Jesus se graf besoek, die wit doeke oprol en by die laaste stasie aan die opstanding dink en die implikasies hiervan vir jou eie lewe. Jy gaan ook die tekens van die nagmaal, die brood en die wyn, gebruik.
Kom beleef dit alles van Maandag, 26 Maart tot Donderdag, 29 Maart van 09:00 tot 18:00. Donderdagaand om 18:00 het ons ‘n nagmaaldiens waar almal welkom is. Kom beleef dit as lede van ‘n selgroep, omgee- of Bybelstudiegroep, gesin, saam met jou lewensmaat of as individu.
Toegang is gratis en die kerkterrein is in Betzstraat 97 geleë. Indien Engelstalige persone die reis wil meemaak, kan hulle die kerkkantoor by 015 295 8849 vir ‘n Engelse weergawe skakel.
Tjaart Meyer, leraar NG Kerk Pietersburg-Oos.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version