Sny of kleur jou hare vir goeie doel

Dit is tyd om luidrugtig te raak in kleur en so hoop te gee tydens Kansa se Shavathon 2018 wat op 3 Maart by die Mokopane Mall gehou word.

MOKOPANE – Kom kleur of sny jou hare van 08:00 tot 14:00 en ondersteun Kansa se landwye veldtog.Nie net het die skeer en sproei van hare ‘n simboliese betekenis geword ter ondersteuning van kankerpasiënte en kankeroorwinnaars nie, maar dit verminder ook die spanning van mense wat hulle hare verloor het tydens die behandeling van kanker.

Terwyl kanker gewoonlik nie self verantwoordelik is vir haarverlies nie, veroorsaak chemoterapie en sekere bestraling haarverlies hoofsaaklik op die kop van

kankerpasiënte. Maar met die jaarlikse instelling, die Shavathon, doen Kansa ‘n beroep op mense om tot aksie oor te gaan en om “Luidrugtig te Raak in

Kleur om Hoop te bied”.

Deelnemers kan hulle hare skeer, sproei of doodeenvoudig geld skenk deur ‘n borgtog-fooi aanlyn te betaal. Besoek die webwerf: www.shavathon.org.za. Die koste vir volwassenes beloop R50 en kinders jonger as 12 sal R25 betaal om hul hare te laat skeer of sproei.

As deel van die 2018 veldtog kan mense wat hul hare skeer of laat sproei het ook een van ‘n beperkte hoeveelheid Shavathon spelde ter herdenking vir R5 koop om hul vir altyd te herinner aan hul ondersteuning van ‘n waardige saak.

‘n Aanspeld kenteken, wat spesiaal ontwerp is en waarvan slegs ‘n beperkte hoeveelheid beskikbaar is, word gratis gegee aan diegene wat poniesterte met hare van 25 cm in lengte of langer aan Kansa skenk.

Kansa Mokopane bedank die Kameeldoring Tafelronde 92’ vir hulle ondersteuning en hulp tydens elke jaar se Shavathon

Vir meer inligting kontak Ansie van Heerden, Gemeenskapsmobiliseerder, by (014) 717 3950/076 409 4444.

Exit mobile version