Tuiskoms Shelter se bestuurspos gevul

“Daar is ongelukkig nie geskikte aansoeke vir die pos as Tuiskoms Shelter se getroude bestuurspaar nie. Daarom het die komitee besluit om die pos te herstruktureer en drie persone aan te stel wat reeds by die shelter betrokke is, sê Christa van Tonder, sekretaresse en tesourier van die shelterkomitee. Huidige bestuurder, Paula Booyjens, het haar …

“Daar is ongelukkig nie geskikte aansoeke vir die pos as Tuiskoms Shelter se getroude bestuurspaar nie. Daarom het die komitee besluit om die pos te herstruktureer en drie persone aan te stel wat reeds by die shelter betrokke is, sê Christa van Tonder, sekretaresse en tesourier van die shelterkomitee.
Huidige bestuurder, Paula Booyjens, het haar bedan­king teruggetrek en Petro du Preez van Pietersburg Helpgroep is saam met haar aangestel. Elize Poolman sal help om sekere belangrike take vir die shelter te verrig.
“Ons vertrou dat die dames saam met die voorsitter, Charles van Wyk, die wa deur die drif sal trek en wens hulle sterkte toe met die groot taak. Ons weet julle sal die shelter goed bestuur, mooi na inwo­ners omsien en ons naam hoog hou,” sê Van Tonder. Ander komiteelede is Rini Lindhout, ondervoorsitter, Leono­ra Pie­naar, skakel­be­ampte, Erik Bekker, addi­sionele lid en Drienie van Wyk,
Vision of Hope-verteenwoordiger.
Bankbesonderhede: Absa Spaarrekening, takkode: 632005, Reke­ningnommer: 927 566 7290 of skakel Charles van Wyk: 076 127 2517 of Christa van Tonder: 083 302 4313.

Storie:

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version