Tafelronde Pietersburg 22 vier 65 jaar

Tafelronde Pietersburg 22 skop hul aktiwiteite vir vanjaar, die jaar waarin hul ook hul 65ste bestaansjaar vier, met ‘n gholfdag af om geld vir behoeftige leerders in te samel. Dié gholfdag vind op 22 Februarie plaas en die tweede jaarlikse Vleisekspo word op 20 Maart aangebied. Die klub het vroeg in Januarie ‘n nuwe bestuur …

Tafelronde Pietersburg 22 skop hul aktiwiteite vir vanjaar, die jaar waarin hul ook hul 65ste bestaansjaar vier, met ‘n gholfdag af om geld vir behoeftige leerders in te samel.
Dié gholfdag vind op 22 Februarie plaas en die tweede jaarlikse Vleisekspo word op
20 Maart aangebied.
Die klub het vroeg in Januarie ‘n nuwe bestuur verkies met Johan de Jager as die voorsitter. Ander bestuurslede is Niel Bosman, ondervoorsitter, Dawid van der Walt, tesourier en Gerhard Booysen, sekretaris.
Verlede jaar het Tafelronde Pietersburg 22 groot sukses met hul Catch 22-visvangdag, Vleisekspo en gholfdag behaal. Die geld wat ingesamel is, is aan plaaslike liefdadigheidsorganisasies asook behoeftige leerders van verskeie skole in die stad geskenk.
Van der Walt kan by 082 375 5925 geskakel word om meer inligting oor hul doen en late te kry.

Storie en foto: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Related Articles

Back to top button