Tafelronde Impala 157 slyp tande vir nuwe uitdagings

Tafelronde Impala 157 se voorsitter, Vos Botha, is baie opgewonde oor projekte wat vanjaar vir dié klub beplan word, maar wil nie nou al te veel uitwei oor die pret wat voorlê nie. Die klub se nuwe bestuur is onlangs tydens hul algemene vergadering verkies en bestaan uit Botha, John Greyling, ondervoorsitter, James Gutsche, tesourier, …

Tafelronde Impala 157 se voorsitter, Vos Botha, is baie opgewonde oor projekte wat vanjaar vir dié klub beplan word, maar wil nie nou al te veel uitwei oor die pret wat voorlê nie.
Die klub se nuwe bestuur is onlangs tydens hul algemene vergadering verkies
en bestaan uit Botha,
John Greyling, ondervoorsitter, James Gutsche, tesourier, en David Cawood, sekretaris.
Botha sê hul het al verskeie suksesvolle projekte aangepak en skenkings aan Polo­kwane gebaseerde shelters sowel as die Re-Gaugetswe Shelter in Seshego gemaak.
“Ons R5-projek was ‘n groot sukses. Pamflette waarop ‘n R5-munt­stuk geplak is is gebruik om mense te oorreed om niebederfbare kruideniersware by winkelsentrums te skenk.”
Vanjaar het hulle reeds ‘n kosstalletjie tydens die rugbywedstryd tussen Vodacom Bulls en Cell C Sharks by die Peter Mokaba Stadium behartig.
“Ons grootste begunstigde is gewoonlik Mitchell House Enrichment Centre, ook bekend as Pathways. Ons gee nie gewoonlik donasies aan individue nie, maar eerder aan welsynorganisasies. Sodoende kan ons hulp nie misbruik word nie,” verduidelik Botha.
Vir verdere inligting of navrae kan Tafelronde Impala 157 per e-pos by rtimpala157@gmail.com bereik word.

Storie en foto: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button