PHS samel water in vir Wes-Kaap

Verskeie projekte regoor die land is aan die gang om water vir die droogtegeteisterde Wes-Kaap in te samel en Hoërskool Pietersburg (PHS) het hom ook tot hulp verbind. Sedert die inisiatief verlede week geloods is, het leerders reeds Maandag meer as 100 5 l-waterkanne by die skool afgelewer. Die skool se skakelbeampte, Elmari Craig sê …

Verskeie projekte regoor die land is aan die gang om water vir die droogtegeteisterde Wes-Kaap in te samel en Hoërskool Pietersburg (PHS) het hom ook tot hulp verbind.
Sedert die inisiatief verlede week geloods is, het leerders reeds Maandag meer as 100
5 l-waterkanne by die skool afgelewer.
Die skool se skakelbeampte, Elmari Craig sê die skool hoop om nog heelwat water voor 15 Februarie in te samel.
“Ons vervoer die water op 16 Februarie na die Peter Mokoba Stadion waarna vragmotors van Gift of the Givers dit na die Kaap sal vervoer,” sê sy. Dit is deel van die Demokratiese Alliansie (DA) in Limpopo se inisiatief om die Kaap by te staan.
Enigiemand wat water wil skenk, kan dit by ontvangs aflewer of vir Craig by 082 555 3599 skakel.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Exit mobile version