Motorfietsryers tydens diens geseën

Motorfietsryers van Polokwane en elders in Limpopo het verlede Sondagoggend by Soetdorings Buiteklub byeengekom vir ‘n Biker Blessing-kerkdiens wat deur Bikers in Christ georganiseer is. Pieter Ras en sy vrou, Wilna, afgetrede pastoorspaar van Bela-Bela wat die Vroeë Oggend Manna WhatsApp-bediening bestuur, het die motorfietsryers met lofsang gelei. Plaaslike leraar en lid van Bikers in …

Motorfietsryers van Polokwane en elders in Limpopo het verlede Sondagoggend by Soetdorings Buiteklub byeengekom vir ‘n Biker Blessing-kerkdiens wat deur Bikers in Christ georganiseer is.
Pieter Ras en sy vrou, Wilna, afgetrede pastoorspaar van Bela-Bela wat die Vroeë Oggend Manna WhatsApp-bediening bestuur, het die motorfietsryers met lofsang gelei.
Plaaslike leraar en lid van Bikers in Christ, André de Beer, het tydens sy preek gesê dat mense enigiets met God aan hul sy kan deurmaak. “Plaas jou vertroue in God,” was die essensie van sy boodskap.
Na die diens is motorfietse en -ryers gesalf en geseën en hul veiligheid in gebed aan God opgedra.
“‘n Ope kerkdiens waar almal welkom is word elke tweede Sondag om 10:00 by Soetdorings Buiteklub gehou,” sê die president van Bikers in Christ Polokwane, Deon Froehlich.

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Jaco, Willem en Retha Janse van Rensburg, en Tommy Liversage luister aandagtig na André de Beer se rede.
Motorfietsryers en hul motorfietse word geseën.
Pieter en Wilna Ras lei die sang.
Julius van Wyk, Bikers in Christ nasio­nale visepresident, en Ryno de Bruyn gee lof aan God.

Related Articles

Back to top button