‘Lim loop oor van talent’ – modelagentskap

Ace Models Limpopo se eienaar en direkteur, Jacqueline Ferns, is verras en baie beïndruk met die hope onontginde talent in Limpopo en meen die provinsie sal in die nabye toekoms met ‘n gesogte nasionale en selfs internasio­nale titel in modelgeledere kan spog. Ferns en Sharon Stander, wat die modelop­leiding van die akademie hanteer, het van …

Ace Models Limpopo se eienaar en direkteur, Jacqueline Ferns, is verras en baie beïndruk met die hope onontginde talent in Limpopo en meen die provinsie sal in die nabye toekoms met ‘n gesogte nasionale en selfs internasio­nale titel in modelgeledere kan spog.
Ferns en Sharon Stander, wat die modelop­leiding van die akademie hanteer, het van Vrydag tot Sondag ‘n hulptoonbank by Mall of the North behartig waartydens voornemende modelle van die stad kon registreer vir Saterdag, 27 Januarie se opedag. Soortgelyke
registrasiegeleenthede word ook in ander dorpe in die provinsie gehou.
“Ons is oorstelp van vreugde oor die 95 belangstellendes wat oor die drie dae net in Polokwane geregistreer het. Al ons verwagtinge is oortref,” sê Ferns.
Ace Models International wat in vennoot­skap met Ice Models is, is die grootste model­akademie in Suid-Afrika en Namibië met takke in Amerika. Die voormalige Mevrou Suid-Afrika van 2009, Joani Johnson en hoof-uitvoerende beampte van die Mevrou Suid-Afrika Skoonheidskompetisie, het Ace Models in 2005 ge­stig om ‘n unieke en winsgewende geleentheid aan geskikte passievolle en ervare individue te gee om hulle modeldrome te leef.
Suid-Afrike se eie Mej Heelal, Demi-Leigh Nel Peters is ‘n Ace-model wat deur Johnson geslyp is.

Storie en foto’s: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Jacqueline Ferns, Ace Models Polokwane se stigter en direkteur en Sharon Stander, bekende in modelkringe, saam met Clarichialynn du Plessis, voornemende model wat Sondag by die inligtingstoonbank gerigistreer het.
Exit mobile version