Beroep op gemeenskap om feesterrein te ontwikkel

‘n Beroep om te vergader oor die behoud en ontwikkeling van die Doornkraal Ontspanningsterrein net buite Polokwane het op dowe ore geval toe niemand vir Saterdag se geskeduleerde byeenkoms opgedaag het nie. Johan Willemse en sy vrou, Corrie, bestuur die terrein en Willemse het sy teleurstelling uitgespreek dat niemand by die vergadering was nie. “Heelwat …

‘n Beroep om te vergader oor die behoud en ontwikkeling van die Doornkraal Ontspanningsterrein net buite Polokwane het op dowe ore geval toe niemand vir Saterdag se geskeduleerde byeenkoms opgedaag het nie.
Johan Willemse en sy vrou, Corrie, bestuur die terrein en Willemse het sy teleurstelling uitgespreek dat niemand by die vergadering was nie. “Heelwat mense het my genader en hul hulp en ondersteuning aangebied om die terrein in stand te hou en te verbeter. Ek het dit dus goedgedink om die vergadering te belê sodat verdere beplanning kon plaasvind,” sê hy.
Die terrein is as ‘n nie-winsgewende maatskappy onder die naam Pietersburg-Doornkraal Geloftefees Maatskappy geregistreer en bestaan uit die Doornkraal Ontspanningsterrein, Upsala Woonwapark en Pietersburg Geloftefeessaal.
Willemse verduidelik dat die terrein ook ‘n belangrikke stukkie Afrikanerkultuurgeskiedenis is. Daar is verskeie gedenkstukke op die terrein, waarvan die oudste die klipstapel van 1881 is. Hierdie klippe is in dankbaarheid na die slag van Majuba deur die Boere gelê en later na die ontspanningsterrein geskuif en hervestig. Die Geloftefees word ook jaarliks hier op 16 Desember gehou.
Oor die afgelope drie jaar het die Willemse-egpaar heelwat gedoen om die terrein en van die wooneenhede in die woonwapark op te gradeer.
“Maar ons raak nou bietjie lank in die tand om die terrein alleen te bestuur. Dit is van uiterste belang dat die terrein voortbestaan sodat Afrikaners die belangrike kultuurdeel kan behou.”
Enigiemand wat belangstel om by die projek betrokke te raak, kan Willemse by 072 197 3134 skakel of ‘n e-pos na erfenisse@gmail.com stuur.

Story en foto: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Related Articles

Back to top button