Tommies teen Pieties in gesin

Ernstige meningsverskille oor watter skool, Hoër Tegniese Skool Tom Naudé of Hoërskool Pietersburg (PHS), die beste in Polokwane is, het die hele Desember in die Marx-huis geheers. Pa Henry sr is ‘n oud-Tommie en ouboet Henry jr is vanjaar ‘n graad 10-Tommie, terwyl ma Rindie ‘n Pietie in murg en been is en kleinboet Danie …

Ernstige meningsverskille oor watter skool, Hoër Tegniese Skool Tom Naudé of Hoërskool Pietersburg (PHS), die beste in Polokwane is, het die hele Desember in die Marx-huis geheers.
Pa Henry sr is ‘n oud-Tommie en ouboet Henry jr is vanjaar ‘n graad 10-Tommie, terwyl ma Rindie ‘n Pietie in murg en been is en kleinboet Danie vanjaar as graad 8-groentjie by PHS instap.
Elke broer is daarvan oortuig dat sý skool die beste is, “en hulle is reg; elkeen se skool is beslis die beste skool vir hóm,” sê Rindie.
Danie sê hy het PHS gekies omdat hy meer van akademiese vakke hou, veral wiskunde. “Ek wil baie graag drama en kuns doen en beoog om ‘n akteur te word.” Hy wil ook graag jukskei begin speel en sien veral uit na skooltoere en uitstappies. Sy rolmodele is Vin Diesel en Dwayne Johnson.
Hy meen hy gaan baie maklik by PHS inskakel want van sy vriende is ook Pieties. “Ek het alreeds ‘n nuwe vriend gemaak terwyl ons Maandag en Dinsdag by die skool was vir verkenning.”
Henry jnr sê weer Tom Naudé is tops. “Ek is baie trots om ‘n Tommie te wees omdat ek meer tegnies aangelê is en dit die ideale skool vir my is. Sedert kleintyd het ek al gekyk hoe my pa, ‘n motorwerktuigkundige, aan enjins werk.”
Sy gunstelingvak is meganiese tegnologie en hy beoog om ‘n dieselwerktuigkundige te word. “Ek kan nie wag vir die Bosveld Intervarsity nie, want ek kon weens ‘n besering nie verlede jaar speel nie.”
Hy speel ringtennis, hou baie van hokkie en oud-Springbok rugbyspeler, Pierre Spies, is sy rolmodel.
Die twee is ook baie lief vir diere en het vyf honde tussen hulle. Danie sê hy sou daarvan hou om ook ‘n kat te hê en Henry jr wil graag ‘n spinnekop as troeteldier hê.
Op die vraag wie vanjaar die Bosveld Intervarsity gaan wen, antwoord al vier gesins­lede gelyk: “My skool!”

Storie: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version