Francois Nel verloor kankerstryd

‘n Bekende in sakekringe in die stad, Francois Nel (68), is op 15 Desember in Pretoria oorlede na ‘n stryd teen kanker. Nel was 10 jaar in Polokwane woonagtig en het in 2011 as provinsiale direkteur van Stan­dard Bank afgetree waarna hy en sy vrou, Elsa in 2013 na Pretoria verhuis het. Hy was daar …

‘n Bekende in sakekringe in die stad, Francois Nel (68), is op 15 Desember in Pretoria oorlede na ‘n stryd teen kanker. Nel was 10 jaar in Polokwane woonagtig en het in 2011 as provinsiale direkteur van Stan­dard Bank afgetree waarna hy en sy vrou, Elsa in 2013 na Pretoria verhuis het. Hy was daar as hoof-uitvoerende beampte van ‘n ontwikkelingsmaatskappy werksaam.
Volgens sy dogter, Nadia Ferreira, het sy gesondheid in 2017 erg verswak weens kanker.
“Hy het onder meer die jaarlikse wynskou en verskeie kunsuitstallings in die stad gereël en was aktief betrokke by die ‘Christmas on the Square’. Sy sterk waardes, lojaliteit en goeie leierskap het van hom ‘n besondere mens gemaak. Hy was ‘n mentor vir baie en sy gesin het altyd eerste gekom,” sê Ferreira.
Voormalige kollega, Moira Pratt sê dat Nel vir 10 jaar haar en vele ander se mentor was. “Francois het so baie mense se harte aangeraak en ‘n wonderlike invloed op hul lewens gehad. Hy het geweet wat hy van mense verwag het en het gesorg dat almal hoë standaarde handhaaf. Sy liefde vir goeie kos, goeie wyn en goeie tye sal ons altyd bybly en die inwoners van Polokwane sal hom nooit vergeet nie.”
Hy laat ook sy ander dogter, Nanette, skoonseuns, Gideon en Charl en drie kleinkinders, Corné, Francois en Mia agter.
‘n Roudiens is verlede Dinsdag by Galagos Country Estate buite Pretoria gehou.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version