Bejaardes bederf tydens jaarlikse Kersete

Tradisionele disse sinoniem met die Feesseisoen soos heerlike vleise, groente en nagereg was Vrydag op die spyskaart van Vergeet-My-Nie Behuisingsentrum se jaarlikse Kersete. Inwoners is nie net op watertand-disse getrakteer nie, maar ook agtergrondmusiek en heerlike samesyn. SAVF-bestuurder, Dawie Lee, sê die ete word deur Vergeet-My-Nie se Stokkiesdraaikomitee georganiseer. “Die komitee samel fluks donasies in …

Tradisionele disse sinoniem met die Feesseisoen soos heerlike vleise, groente en nagereg was Vrydag op die spyskaart van Vergeet-My-Nie Behuisingsentrum se jaarlikse Kersete.
Inwoners is nie net op watertand-disse getrakteer nie, maar ook agtergrondmusiek en heerlike samesyn.
SAVF-bestuurder, Dawie Lee, sê die ete word deur Vergeet-My-Nie se Stokkiesdraaikomitee georganiseer. “Die komitee samel fluks donasies in om die ete moontlik te maak. Die wins van die sentrum se basaar sowel as hul klerebank help ook om die ete te finansier,” sê Lee.
Sowat 93 mense, wat inwoners en hul families ingesluit het, het die ete bygewoon.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Stokkiesdraai-voorsitter, Marthie Hattingh en SAVF-bestuurder, Dawie Lee tydens die Kersete.
Vergeet-My-Nie-inwoners Bokkie Botha, Marie van Oudtshoorn en Petro Enslin.
Cilma Kellermann en Kleintjie Ferreira .

Related Articles

Back to top button