Skenk bloed dié Desember by inkopiesentra

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) het ‘n beroep op inwoners en besoekers aan die stad gedoen om in Desember bloed te skenk in ‘n poging om bloedvoorraad op ‘n volhoubare vlak te handhaaf. Limpopo SANBS-skakelbeampte, Dottie Pinn sê ‘n daaglikse bloedskenkkliniek word die hele maand by Savannah Mall gehou en vanaf 14 tot 24 Desember …

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) het ‘n beroep op inwoners en besoekers aan die stad gedoen om in Desember bloed te skenk in ‘n poging om bloedvoorraad op ‘n volhoubare vlak te handhaaf.
Limpopo SANBS-skakelbeampte, Dottie Pinn sê ‘n daaglikse bloedskenkkliniek word die hele maand by Savannah Mall gehou en vanaf 14 tot 24 Desember kan daar ook by Mall of the North geskenk word.
“Desember is ‘n tyd wanneer groot hoe­veelhede bloed gebruik en benodig word en ons moedig mense aan om die vakansietyd die geskenk van lewe te gee,” sê Pinn.
Sy het ook leerders en eerste keer-skenkers uitgenooi om bloed te skenk.
Om te skenk moet jy ouer as 16 wees, meer as 50 kg weeg, ‘n gesonde en veilige seksuele leefstyl handhaaf, nie swanger wees of borsvoed nie en minstens vier uur voordat jy skenk iets eet.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button