Vroue vind baat by grimeringswerkwinkel

Twee voorste grimeringdeskundiges in die stad, Alta Viljoen van AV Make-up Artistry en Jenine Lombard van Weddings Reinvented het Saterdag ‘n grimeringswerkwinkel in die stad aangebied wat deur 30 vroue bygewoon is. “Al die grimeringstappe is breedvoerig bespreek en elke vroue se vel is ontleed. Aan die hand van die kenners en verteenwoordigers van die …

Twee voorste grimeringdeskundiges in die stad, Alta Viljoen van AV Make-up Artistry en Jenine Lombard van Weddings Reinvented het Saterdag ‘n grimeringswerkwinkel in die stad aangebied wat deur 30 vroue bygewoon is.
“Al die grimeringstappe is breedvoerig bespreek en elke vroue se vel is ontleed. Aan die hand van die kenners en verteenwoordigers van die twee grimeerreekse het vroue hulself grimeer met die klem op dag- sowel as aandgrimering.
Vroue het ook ‘n groot verskeidengeid afslag- en koopbe­wyse sowel as pryse ontvang wat deur borge verskaf is.

Storie en foto’s: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Alta Viljoen, Charles Bunting en Cheri Brunette het die werkwinkel gereël.
Sameerah Hoosin. ambassadeur van ‘n Duitse grimeerreeks toets Lize Blignaut se onderlaag.
Exit mobile version