GPF se wenke vir feesseisoen

Die feesseisoen is nie net onbekommerde leeglêtyd en langverwagte seevakansies nie, maar ook die tyd wat skurke ekstra bedrywig is en hul kanse waarneem om vakan­siegangers te teiken en veral by huise in te breek waar die eienaars met vakansie is. Polokwane Gemeenskapsveiligheids (GPF)-skakelbeampte, Johan Retters deel veiligheids­wenke met huiseienaars en beklemtoom dat inwoners seker …

Die feesseisoen is nie net onbekommerde leeglêtyd en langverwagte seevakansies nie, maar ook die tyd wat skurke ekstra bedrywig is en hul kanse waarneem om vakan­siegangers te teiken en veral by huise in te breek waar die eienaars met vakansie is.
Polokwane Gemeenskapsveiligheids (GPF)-skakelbeampte, Johan Retters deel veiligheids­wenke met huiseienaars en beklemtoom dat inwoners seker moet maak wie om in ‘n noodgeval te skakel en die betrokke GPF-sektore se noodnommers op hul selfone te stoor.
Wenke
Stel jou sekuriteitsmaatskappye in kennis van tye wat jy nie tuis is nie en voorsien hulle van persone se kontakbesonderhede wat spaarsleutels het.
Stel ook jou bure in kennis en vra hulle om ‘n ogie oor jou huis te help hou.
Indien jy ‘n oppasser gebruik, maak seker hy weet hoe die alarmstelsel werk en kanselleer alle koerantaflewerings want ‘n oorval posbus is ‘n teken dat niemand tuis is nie.
Maak seker alle deure is gesluit en vensters is toegemaak voordat jy vertrek. Gebruik hoë gehalte slotte om buitegeboue of hekke te sluit. Moet nooit ‘n sleutel aan die binnekant van ‘n deur los nie, veral as dit ‘n glasdeur is of daar ‘n venster naby die deur is.
Skuifdeure kan verder beveilig word deur ‘n stopper op die loopvlak te plaas sodat die deur glad nie geskuif kan word nie.
Maak seker die erf is goed belig en gebruik ‘n tydtoestel wat ligte outomaties aan- en afskakel.
Sluit alle gereedskap weg omdat dit nie net gebruik kan word om by die huis in te breek nie, maar ook as wapens ingespan kan word.
Maak seker dat sekuriteitsmaatskappye se borde duidelik op die hek vertoon word en vra die GPF om gereeld die huis te patrolleer.

GPF-noodnommersGPF-noodnommers
Sektor 1:
Sakekern 060 852 4947
Sektor 2:
Bendor 076 735 7315
Sterpark 060 765 4136
Sektor 3:
Peninapark 071 488 3361
Sektor 4:
Fauna- en Florapark  060 852 4947
Sektor 5:
Bodorp 060 665 4321
Eduanpark Welgelegen  074 163 3935
Sektor 6:
Hoewes en plase  076 689 8493
Blok 1:
Soetdoring, Doornbult  074 856 7523
Blok 2:
Tweefontein 071 154 1291
Blok 3:
Dalmada, Baskoppies  074 732 6743
Myngenoegen, Geluk  083 462 5503
Blok 4:
Ysterberg 081 480 7817
Blok 5:
Elmadal, Rietfontein,  Palmietontein 084 549 1729
Blok 6:
Onverwacht, Kalkfontein  076 163 639
Leeuwkuil en omliggend  061 445 7185
Transand, Papkuil, Kareebosch  082 451 7913
SAPD: 08600 10 0001 (noodnommer)
32211 (SMS-misdaadlyn)

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Exit mobile version