Gewilde Kersmark oortref verwagtinge

Vanjaar se Kersmark wat van verlede Donderdag tot aanstaande Saterdag by AGS Taberna Dei Moederkampus gehou word, word goed ondersteun en selfs Saterdag se welkome reën het skynbaar geen effek op kooplustiges gehad het nie. Organiseerders, Elsabé du Preez en Daleen Bronn sê die beste verkope is dusver op Swart Vrydag aangeteken alhoewel geen items …

Vanjaar se Kersmark wat van verlede Donderdag tot aanstaande Saterdag by AGS Taberna Dei Moederkampus gehou word, word goed ondersteun en selfs Saterdag se welkome reën het skynbaar geen effek op kooplustiges gehad het nie.
Organiseerders, Elsabé du Preez en Daleen Bronn sê die beste verkope is dusver op Swart Vrydag aangeteken alhoewel geen items teen afslagpryse verkoop is nie. “Ons het vanjaar 84 uitstal­lers wat van heinde en verre, selfs van Kaapstad, gekom het. Die meeste items is nie in Polokwane beskikbaar nie en bied kopers ‘n geleentheid om eksklusiewe geskenke teen redelike pryse te bekom sonder om Gau­teng toe te ry.”
Die teetuin waar heerlike eet- en drinkgoed deur studente bedien word, kry groot aftrek terwyl die tuisgebak, ingemaakte groente, souse en lekkernye gewild is.
Smulgoed soos biltong, droëwors, fudge en Belgiese sjokolade is in klein verpakkings beskikbaar sodat almal dit kan bekostig en fynproewers kan ook naderstaan om die verskeidenheid tuisgemaakte kase te beproef.
Besoekers aan die mark kan ‘n geskenkmandjie wen deur ‘n SMS na ‘n nommer wat by die mark vertoon word, te stuur.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Ben en Dina Pretorius is getroue ondersteuners van die mark.
Minette du Preez en Jos Fouché hou van die pette.
Organiseerders van die mark,
Elsabé du Preez en Daleen Bronn met die geskenkpak wat gewen kan word.
Martie Coulson snuffel Kersgeskenke uit.
Exit mobile version