EntertainmentLifestyle

Vroeë kanker opsporing: Maak jou afspraak

Kansa Mokopane gaan op 7 November hard aan die werk spring om inwoners bewus te maak van kanker deur verskeie toetse by die Kansa Sorgsentrum in Geyserstraat 81 te doen om kanker vroeg op te spoor.

MOKOPANE – Sr. Susan Naude sal papsmere en borsondersoeke doen teen R260, alle laboratorium koste ingesluit en Kansa maak slegs van wegdoenbare toerusting gebruik. Elke ondersoek sal 15-20 minute duur.

Sr. Wilna van den Heever kom dieselfde dag van Modimolle met die FotoFinder masjien om moesies te ontleed om vroeë Melanoom kanker op te spoor. Hierdie ondersoek kos R120 tot 3 moesies en daarna sal nog R30 gehef word per kliënt. Die uitslag is onmiddellik beskikbaar. Indien die uitslag verdag voorkom, sal die kliënt na ‘n mediese dokter verwys word. Geen mediese prosedures sal by die sentrum self gedoen word nie.

Besprekings is uiters noodsaaklik en kan by Sr. Susan Naude gedoen word. Skakel haar by 083 775 5477.

Related Articles

Back to top button