EntertainmentLifestyle

Brille en Pille pretdag op 4 November

Die Piet Potgieter Ouetehuis hou op Saterdag, 4 November, sy gewilde Brille en Pille pretdag.

MOKOPANE –  Dit is dan wat die oues van dae al hulle skete en pyne vergeet en saam met die motorfietsryers en gemeenskap kuier.

Dit kos R100 vir die motorfietsryers om te kom deel in die dag en met hulle inskrywing kry elkeen drie kanse om met ‘n gelukstrekking R1 000 elk te wen.

Daar is geen ingangsfooi vir besoekers nie, maar kom smul saam aan ‘n heerlike ontbyt vir slegs R70. Kaartjies is beskikbaar by die ouetehuis. Die Cofee Snobbs is die gaskunstenaars wat gaan vermaak met hulle musiek. Om 11:00 word die massarit met die motorfietese deur die dorp gehou. Kom ondersteun die bejaardes by hulle stalletjies waar daar naaldwerk en heerlike gebak te koop gaan wees.

Related Articles

Back to top button