Geen water, toiletgeriewe – leerders gemaan om tuis te bly

Die hoof van Pietersburg Laerskool, Peet Bredenkamp, het ouers aanbeveel om nie môre (Vrydag) hul kinders skool toe te stuur nie nadat ‘n kennisgewing van die Polokwane Munisipaliteit ontvang is dat daar geen water vanaf vandag (Donderdag) om 14:00 by die skool beskikbaar sal wees nie. Daarmee saam het die skool se rioolstelsel onlangs ingestort. …

Die hoof van Pietersburg Laerskool, Peet Bredenkamp, het ouers aanbeveel om nie môre (Vrydag) hul kinders skool toe te stuur nie nadat ‘n kennisgewing van die Polokwane Munisipaliteit ontvang is dat daar geen water vanaf vandag (Donderdag) om 14:00 by die skool beskikbaar sal wees nie.
Daarmee saam het die skool se rioolstelsel onlangs ingestort. Herstelwerk het reeds twee dae gelede begin en behoort teen volgende week afgehandel te wees, volgens Bredenkamp.
Dit beteken dat daar geen water en toiletgeriewe by die skool is nie. Die skool het ‘n formele skrywe aan die departement van onderwys gestuur en die besluit is geneem dat leerders nie môre skool toe hoef te kom nie omdat die akademiese werk vir die kwartaal afgehandel is en leerders reeds gister (Woensdag) rapporte ontvang het,” sê Bredenkamp.
Hy sê daar is voorsorg getref vir leerders wat wel môre noodgedwonge by die skool sal wees.

Storie: RC MYBURGH
>>rc.observer@gmail.com

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button