Motorskou beloof pret vir ieder en elk

Kom loer gerus op 6 Mei na al die eksotiese en veteraanmotors by die Piet Potgieter ouetehuis.

MOKOPANE – Die jaarlikse Veteraan- en Eksotiese Motorskou word weer by die Piet Potgieter Ouetehuis gehou en motors van sover soos Johannesburg kom hierheen vir besigtiging.

Om eksotiese- en veteraanmotors te hê is vir baie mense ‘n lekker stokperdjie, maar vir sommige is dit net mooi om na te kyk. Die ouetehuis bied die afgelope vyf jaar die skou aan en tot sowat 60 verskillende motors word uitgestal.

Mariaan van Tonder (Bestuurder van die tehuis) sê die eksotiese ‘dragster’ is al die pad van Johannesburg en trek gewoonlik die meeste aandag.Die motor is ‘n hele ses meter lank. Talle plaaslike motors sal ook hier gesien kan word.

Volgens Van Tonder word al die geld geïn vir die ouetehuis word handig gebruik.

“Ons gaan die geld hoofsaaklik gebruik vir die bejaardes wat nie huur kan betaal nie omdat ons reeds al ‘n groot bedrag agter is. Dit gaan ook gebruik word vir klere, medikasie en basiese behoeftes soos doeke. Ons spandeer maandeliks ongeveer R18 000 op doeke.”

Die skou begin om 08:00 en daar sal ook kosstalletjies en naaldwerkitems te koop wees. Die Funky Fossils gaan sorg vir musiek uit die boonste rakke en ‘n biertent word deur die Kameeldoring Tafelronde ’92 behartig. Die toegang is gratis en almal is welkom.

lionel@nmgroup.co.za

 

Exit mobile version