Reserviste steeds in aanhouding

Die twee polisiereserviste verbonde aan die Polokwane polisiestasie wat Dinsdag deur die Limpopo Valke op aanklag van korrupsie aangekeer is, het gister (Woensdag) in die Polokwane Landdroshof verskyn waarna die saak tot 21 April uitgestel is. Limpopo Valke se woordvoerder, Matimba Maluleke sê Windy Heyman en Tebogo Mojapelo sal in aanhouding bly tot hul volgende …

Die twee polisiereserviste verbonde aan die Polokwane polisiestasie wat Dinsdag deur die Limpopo Valke op aanklag van korrupsie aangekeer is, het gister (Woensdag) in die Polokwane Landdroshof verskyn waarna die saak tot 21 April uitgestel is.
Limpopo Valke se woordvoerder, Matimba Maluleke sê Windy Heyman en Tebogo Mojapelo sal in aanhouding bly tot hul volgende verskyning wanneer hulle na verwagting om borgtog sal aansoek doen.
Die twee het na bewering Vrydag ‘n onwettige immigrant in die stad aangekeer en R2 000 omkoopgeld vir haar vryheid geëis. Die buitelander het glo haar man geskakel om die geld vir haar in te betaal, maar hy kon slegs R400 stuur. Sy het klaarblyklik die geld onttrek en is vrygelaat op voorwaarde dat sy die uitstaande R1 600 later betaal. Die konstabels het glo haar selfoon en ander persoonlike besittings gekonfiskeer en gehou totdat sy die totale bedrog vereffen het.
Die buitelander het die voorval by die Valke aangemeld en ‘n lokval is gestel. Die konstabels is in die middestad gearresteer nadat hulle die R1 600 van ‘n Valke-lid ontvang het.

 

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button